
=====================================================================
Gee kans! Afrikaans se saak groei wreldwyd (AV 7:2)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Gee kans! Afrikaans se saak groei wreldwyd

Lawrie Schlemmer gee 'n insiggewende samevatting van navorsingsbevindinge oor etnisiteit en Afrikaanssprekendes.

DIKWELS word die mees oppervlakkige tendense gebruik om die vooruitsigte vir die oorlewing van taal- en kultuurgroepe te beoordeel.

Etniese identiteit, waar dit bestaan, is 'n spielbeeld van die volle omvang van die menslike sosiale karakter en nie op enkele motiverings 
gegrond nie.

'n Mens hoor dikwels die voorspelling dat die Afrikanerkultuur, veral onder die jeug, stadig maar seker deur "modernisering" en globale 
kragte verswak word. 'n Dieper ontleding dui op die teendeel.

Die volgende samevatting is gegrond op 'n bre oorsig van internasionale bevindinge asook sowat tien verskillende opnames of diepte-
ondersoeke sedert 1995, wat f Afrikaners spesifiek gedek het f Afrikaners in genoegsame getalle ingesluit het om veralgemenings te 
regverdig.

Afrikanergroepsgevoel: hoe sterk of hoe swak is dit? Die antwoord op hierdie vraag moet 'n wisselwerking van faktore dek:

* Die meeste etniese groepe ervaar onder normale onbedreigde omstandighede 'n etniese of groepsidentiteit selde op bewustelike vlak baie 
intens. Dit is gewoonlik 'n onderliggende faktor. Engelssprekende Suid Afrikaners is 'n goeie voorbeeld  hul onderliggende etnisiteit is 
verbasend sterk, maar hulle hoef dit nooit bewustelik te ervaar of in die openbaar uit te druk nie, omdat hulle oral in die wreld in 'n 
kulturele gemaksone leef vanwe die dominansie van Engels. Waar 'n groep onder bedreiging kom, en dan weens die bedreiging gemobiliseer 
word, kom die bewustelike ervaring van groepsidentiteit al hoe sterker na vore.
* Mobilisering verg geloofwaardige kordinerende leierskap en dit verg dat die etniese saak op morele gronde teenoor sy lede geregverdig 
kan word. Beroepe op ou tradisies en onkritiese toewyding aan 'n saak geld eenvoudig nie meer nie.
* By Afrikaanssprekendes (blank en bruin) is die onderliggende groepsgevoel konsekwent en sterk. Dit kan ook duidelik van rassegevoel en 
materile belange onderskei word. Daar is 'n sterk kern van "verligte" en diepliggende Afrikanerskap. Hierdie gevolgtrekking kan op grond 
van verskeie multi-veranderlike en dieptestudies gemaak word. Hierdie punt moet egter gekwalifiseer word:

* Die nuanses van die groepsgevoel verskil wyd tussen blanke en bruin "Afrikaanses".
* Bewuste ervaring van identiteitsgevoel word in 'n baie groot mate deur ander, onmiddellike aangeleenthede "verdring", soos bv. misdaad, 
ekonomiese bekommernisse en standaarde van plaaslike administrasie. Omdat Afrikaanssprekendes hulle bekommernisse volledig met hul 
Engelssprekende bure deel, is daar geen behoefte om di frustrasies in etniese verband uit te druk nie.
* Onder blanke Afrikaners wat fel in kosmopolitiese "markte" moet meeding, bestaan daar soms 'n onderliggende vrees dat hul Afrikanerskap 
hul mededingende voordele kan benadeel. Daarom, in die mate waarin hulle onderliggende etniese gevoelens het, probeer hulle om hul eie 
gevoelens te verwerk, vermom of verwerp. Hierdie verskynsel het vroer veral onder Jode in Amerika voorgekom en daar is talle ondersoeke 
oor sg. "self-hatred among the Jews" uitgevoer. By Afrikaners is dit nog 'n wesenlike neiging. Soos by die Jode is dit egter waarskynlik 'n 
verbygaande fase.

* By die meeste blanke en bruin Afrikaanssprekendes het verdere faktore meegebring dat etniese gevoelens in hierdie stadium nie sterk in 
die openbaar uitgespreek word nie:

* 'n Selfbewuste Afrikaner-etnisiteit is deur apartheid en die rasseverskansing wat daarmee gepaard gegaan het, as 't ware "gedemobiliseer" 
 daar was geen behoefte aan 'n kulturele of etniese "projek" terwyl die Nasionale Party die mag in die land was nie.
* Die ervaring van etniese bedreiging is nie egalig versprei nie. Die nuwe bestel het 'n menigte klein dorpe skaars verander. Aan die Oos-
Rand, in Johannesburg en sentrale dele van Kaapstad het die maatskaplike klimaat egter indringend verander.
* 'n Nuwe morele regverdiging vir etniese toewyding, wat bestand is teen die verleentheid van apartheid en die internasionale trefkrag van 
die "nuwe Suid-Afrika/renboognasie" ideologie, is nog nie deeglik geformuleer en wyd verkondig nie.
* Die bestaande etniese leierskap het in die afgelope tyd lomp, onbeholpe en veels te tradisioneel voorgekom en skep min vertroue. Die 
potensile rolmodelle is ook te besig om hulle ten opsigte van die nuwe bewindhebbers te posisioneer om betrokke te raak.
* Afrikaners vind dit baie moeilik om 'n realistiese kulturele roeping te formuleer, omdat die intellektuele leierskap uitgerafel het.
* Dit duur gewoonlik 'n dekade of meer van nuwe omstandighede voordat 'n samehangende etniese reaksie en strategie begin ontluik en 
onderling uitgedra word.

In die wreld is daar vandag twee amper ewe sterk tendense op identiteitsvlak. Aan die een kant is daar globalisering, die versterkende 
invloed van die nuwe inligtingsgebaseerde bedryfskultuur, groter politieke streekseenhede en die mobiliteit van mense oor grense heen. Juis 
omdat hierdie wendinge onderliggende identiteit kan bedreig, is daar gelyktydig die oplewing van kleiner en eiesoortige kultuuridentiteite 
en lewenstyle wat in die nisse van die groter gemeenskaplikheid floreer. Die hedendaagse etniese mens is nie meer "tradisioneel" ingestel 
nie, maar 'n persoon met twee gelyklopende en onderling versoende identiteite en lewenstyle  die universele en die partikuliere.

Baie Afrikaners is tans besig om juis hierdie versoeningsproses deur te leef. Namate dit deur 'n nuwe soort intellektuele leierskap 
geformuleer kan word, sal daar 'n nuwe etniese missie ontstaan (dit gebeur miskien reeds). Die krag van die onderliggende groepsgevoel sal 
daarvoor sorg dat dit 'n sterk en weerbare nuwe identiteit vorm. Ek verwag dat Afrikaners wat na die buiteland uitgewyk het, n 'n tyd 'n 
baie sterk bron van rolmodelle sal wees, soos Iere in Boston en Jode in New York.

Ek kan dus die voorspelling maak dat Afrikaner-etnisiteit van twee hopelik onderling versterkende soorte, bruin en blank, oor die volgende 
twee dekades baie sterk na vore sal tree.

Hoe voel Afrikaners oor taalbehandeling? Dit is die maklikste vraag om te beantwoord.

Onder blanke Afrikaners voel tussen 75% en 85% dat Afrikaans afgeskeep word, of dat teen die taal op amptelike vlak gediskrimineer word. 
Daar is gelatenheid, maar ook aansienlike bedekte bitterheid daaroor. Dus is daar ook oor die algemeen pessimisme oor die oorlewing van 
Afrikaans as formele en ho kultuurtaal. By 'n beduidende groep bestaan egter die oortuiging dat aksies nog van stapel gestuur sal word om 
die marginalisering van Afrikaans te bestry.

Die oorblywende 15% tot 25% het nie 'n samehangende fokus nie. Sommige is apaties, ander trek hulle terug in die godsdiens. 'n Beduidende 
groep onder sakelui, professionele mense en akademici probeer Afrikaner-etnisiteit ontken. Hulle aanvaar dat daar 'n identifiseerbare taal- 
en kultuurverskynsel is, maar hou dit voor as slegs 'n skakering in die wye verskeidenheid van die oorkoepelende nasionale identiteit.

Hoewel hulle 'n klein groep is, het hulle vanwe hul sigbare beroepe 'n baie groot invloed op die media en beleidmakers. 'n Belangrike 
onderskeid moet egter binne hierdie geledere gemaak word. Sommige is in wese besig met die vermelde versoening tussen universele en 
partikuliere identiteite. Ander is egter gedurig besig om pogings rondom die herlewing van Afrikaans af te kraak.

Onder die Afrikanerjeug geld hierdie patrone ook, maar minder intens. Die jeug is dus nie afsydig teenoor taalkwessies nie, maar hul aandag 
word afgelei deur ander belangstellings en aspirasies. Tog vind 'n mens dikwels dat jong Afrikaners te midde van belangstellings wat hulle 
nader aan anderstaliges trek, op 'n ontspanne en natuurlike manier aanvaar dat hulle basies Afrikaners sal bly, ondanks die feit dat hulle 
dit geniet om Engels te gebruik. Hulle handhaaf dus op 'n natuurlike manier 'n multikulturele lewenstyl en identiteit, maar aanvaar nog hul 
taalidentiteit. Hulle het egter min geesdrif vir die ouderwetse of tradisionele kultuursaak.

Bruin Afrikaanssprekendes voel oor die algemeen amper net so gefrustreerd oor die taalbehandeling as hul blanke taalgenote. Hulle voel 
egter nie daarom as 'n kultuurgroep bedreig nie  dis eerder irritasie by hulle. Hulle handhaaf hul taalidenteit sonder om 'n bohaai 
daaroor te maak, maar geniet dit ook om in Engels te kommunikeer.

Onder 'n minderheid bruin Afrikaanssprekendes bestaan 'n skakering van identiteit wat redelik behoudend en intens voorkom. Van hulle is 
Moeslims en ander is konserwatiewe Christene. Laasgenoemde is ingestel op 'n bruin identiteit.

Enkele gevolgtrekkings

By die meeste Afrikaners is daar dus 'n wending na multi-identiteit, wat saamval met internasionale tendense wat alle etniese groepe raak. 
Dit beteken dat n 'n fase van identiteitsversoening, 'n nuwe en baie byderwetse Afrikaner-identiteit sal herrys. Dit gaan plaaslik en in 
die buiteland gebeur, en die Afrikanergemeenskappe in Londen, New York en Kaliforni gaan 'n belangrike mark vir kultuurprodukte word.

Hierdie wendinge gaan die Afrikanerjeug ook betrek. Die jeug wek die indruk dat hulle hulle toenemend van Afrikaans wil distansieer, maar 
dis misleidend. Die jeug, en ook baie bruin Afrikaners/Afrikaanses, wil hulle slegs van die ou tradisionele begrafnispak- en 
volksmoederbeeld van Afrikaans distansieer. Sodra 'n nuwe en meer plooibare kultuurleierskap tot sy reg kom, sal Afrikaanssprekende jong 
mense en anderskleurige Afrikaanses weer 'n kultuurverband aanvaar.

Omdat hierdie verwikkelinge nie oornag kan ontplooi nie, moet die Afrikaanse taal in die tussentyd bewaar en beskerm word. Indien dit nie 
gebeur nie, sal Afrikaanssprekendes dalk later soos die Skotte wees  'n bloeiende kultuuridentiteit, maar sonder die twee tale wat hulle 
as 't ware vir Engels verruil het. Die Skotte se probleem was hulle het te suksesvol by die Engelse aangepas.

Hierdie gevaar bestaan ook vir Afrikaans. Die taalsaak bly dus van wesenlike belang, maar nie in die vorm van die ou taalstryd nie. Prof. 
Lawrence Schlemmer is navorser en 'n direkteur van Markdata.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av721.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- April 2000 /// Gee kans! Afrikaans se saak groei wreldwyd (AV:72) /// 
Trust het miljoene geskenk (AV:72) /// Kursus in Afrikaans (AV:72) /// Limeriek I (AV:72) /// 'Kom ons lees en laat lees' (AV:72) /// 
Limeriek II (AV:72) /// Vroeg in nuwe eeu (hoofartikel) (AV:72) /// In memoriam Ds. Flip van der Westhuizen (AV:72) /// Sebrastrepe s hul 
s vir Afrikaans (AV:72) /// Oor Afrikaans klap woord en weerwoord (AV:72) /// Tyd van liefh het aangebreek (AV:72) /// Man met swart 
baret se woorde rinkink (AV:72) /// 'Losing my religion' (AV:72) /// Taalslordigheid berokken skade (AV:72) /// Limeriek III (AV:72) /// 
'Etse! Tjeend gaan met grrawater uit!' (AV:72) /// Dans uit vergange se dae (AV:72) /// Nergensland (AV:72) /// Nag vol feeste! (AV:72) 
/// Duitser berig in Afrikaans uit Europa (AV:72) /// Staande ovasie vir Afrikaans (AV:72) /// Duitse toewyding toegespits op Afrikaans 
(AV:72) /// Ambassade reik kosbare CD uit (AV:72) /// 'Bubbelbad' borrel (AV:72) /// Waar's daai gogga? (AV:72) /// Wind van voor is niks 
nuuts nie (AV:72) /// Afrikaans en die jeug (AV:72) /// Hoe praat jy met tieners? (AV:72) /// Onthou om nie te vergeet nie (AV:72)

